AFR   ENG

GWK Trading

WYN

GWK besit die Landzicht-handelsmerk en produseer 24 wyne, ʼn whisky en ʼn brandewyn. Ons druiwe is afkomstig van Douglas, Prieska, Barkly-Wes en die Modderrivier-area.

Druiwe word by die Landzicht-kelder versap, waarna die sap gefermenteer word om verskeie Landzicht-wyne te produseer. Druiwesap word ook aan ander kelders verkoop om hulle in staat te stel om hul eie wyne te produseer. Verder bied GWK ook advies en kundige ondersteuning aan sy produsente.

Landzicht se wyne is beskikbaar by die kelder in Douglas en uitgesoekte GWK Handelstakke.

Keldertoere en wynproeë is beskikbaar, met groter groepe wat ook welkom is (vooraf bespreking is wel nodig) Kleiner groepe kan sonder ʼn afspraak die kelder besoek en ons heerlike Noord-Kaapse wyne proe.

Kontak Landzicht by 053 298 8200 of besoek die webwerf en bestel jou Landzicht aanlyn by https://landzicht.co.za/.

Sien ons wynproe-opsies:

Landzicht_Wynproe opsies.pdf



ONTMOET DIE SPAN





KONTAK ONS


KONTAK ONS
AANWYSERS
KYK
WEER
KYK
BEURTKRAG
KYK
JAARVERSLAE
KYK
MAANDAG - VRYDAG
08:00 - 17:00
E-POS ONS:
[email protected]
BEL ONS:
+27 (53) 298 8200