GWK Beperk ondersteun ‘n kultuur van deursigtigheid, aanspreeklikheid en integriteit, en het geen verdraagsaamheid teenoor bedrog en/of enige vorm van onetiese gedrag. Werknemers en derdepartye word aangemoedig om vermoedelike bedrog en/of onetiese gedrag te rapporteer.
Die GWK Groep voldoen aan die vereistes en bepalings van die Wet op Beskermende Bekendmakings. ‘n Persoon wat onetiese gedrag in goeie trou rapporteer word beskerm teen viktimisering of onregverdige behandeling.
Dankie vir jou ondersteuning om oortredinge in ons maatskappy te beperk. Wees asseblief verseker dat die rapportering van enige insidente met die nodige aandag en konfidensialiteit hanteer sal word.
Verskaf asseblief soveel inligting as moontlik:
Rapporteringskanale:
Tolvry Nommer: 080 822 2469
Webwerf: www.gwk.co.za/IncidentReport
Posadres: PO Box 47, Douglas, 8730
E-pos: [email protected] (neem asseblief kennis dat dit nie anoniem sal wees nie, maar konfidensieel sal bly)
Kies asseblief die tipe verslag wat jy wil indien:
Indien jy anoniem rapporteer, sal jy nié versoek word om jou naam of enige ander persoonlike inligting deur te gee, wat jou identiteit kan openbaar nie. Jou identiteit sal nie sigbaar wees nie en niemand sal weet jy het die rapportering gemaak nie. Die nadeel hiervan is dat ons jou nie sal kan kontak vir meer inligting of terugvoer oor die vordering van die saak nie.
Indien jy vertroulik rapporteer, stem jy in om jou persoonlike besonderhede konfidensieel te openbaar en daarom sal jy versoek word om jou naam en kontakbesonderhede deur te gee. Jou rapportering en persoonlike inligting sal konfidensieel hanteer word en nie openbaar of bespreek word met enige persoon, anders as die persone wat ‘n geldige reg het tot daardie inligting. Terugvoer sal aan jou verskaf word waar toepaslik.
Voer asseblief die verwysingsnommer in soos toegeken met jou rapportering om enige toepaslike terugvoer wat verband hou met die ondersoek te sien.